Geskenk-lidmaatskap se Diensbeleid

Die volgende teks is slegs 'n insiggewende vertaling. Die enigste wettige weergawe is beskikbaar in Engels.
Met ingang van: November 18, 2022

Aanvaarding van Beleid

Wanneer jy ons Geskenklidmaatskap-Diens gebruik, gaan jy akkoord met hierdie Beleid en met al die seksies wat binne ons Gebruikersooreenkoms vermeld is. Indien jy nie instem met hierdie Beleid of ons Gebruikersooreenkoms nie, dan mag jy nie ons Geskenklidmaatskap-Diens gebruik nie.

'n Geskenk-lidmaatskap is 'n lidmaatskap wat deur iemand betaal is (die "Koper") vir iemand anders (die "Begiftigde"). 'n Koper en Begiftigde kan nie dieselfde party wees nie. Die dag waarop die Koper die aankoop van 'n Geskenk-lidmaatskap volledig betaal (die "Koopdatum"), sal Chess.com 'n bestellingsbevestigingnommer skep vir die Koper. Geskenk-lidmaatskappe, anders as ander Chess.com-lidmaatskappe, hernu nie en verleen toegang tot Chess.com-lidmaatskappe aan die Begiftigde slegs sedert die datum waarop die Geskenk-lidmaatskap begin (die "Geskenk-Aanvangsdatum") vir die duur van die gekoopte lidmaatskap (die "Geskenk-Termyn"). Enige koop of gebruik van Geskenk-lidmaatskappe is onderhewig aan hierdie Beleid, wat nie die algemene Chess.com-Gebruikersooreenkoms vervang nie, maar daarenbowe geld.

Aankoop van 'n Geskenk-lidmaatskap

Geskenk-lidmaatskappe mag slegs by Chess.com angekoop word. Spesifieke bepalings en voorwaardes vermeld in die aankoopproses kan geld. Ten tyde van die aankoop, sal die Aankoper die datum kies waarop die Geskenk-lidmaatskap aan die Ontvanger geskenk sal word (die "Geskenk-afgiftedatum"), wat binne 90 dae sedert die aankoop moet wees. Chess.com sal 'n Geskenk-lidmaatskap skep wat die Ontvanger sal toelaat om dit te betree op die Afgiftedatum, en Chess.com sal die ontvanger e-pos, en/of boonop 'n Chess.com-inboksboodskappie stuur, indien van toepassing, op die Afgiftedatum. Chess.com sal ook 'n "inontvangsneming-e-pos" met 'n bestellingsbevestigingsnommer vir die Geskenk-lidmaatskap stuur aan die Aankoper op die Aankoopdatum.

Chess.com is nie verantwoordelik en aanvaar geen aanspreeklikheid vir nie-lewering van 'n e-pos weens 'n ongeldige adres, e-posadres wat verkeerd aangewend is deur die Aankoper, gemorsposfilters of enige ander rede nie. Indien die Aankoper wil hê dat die geskenk aangekondig moet word op die Afgiftedatum op 'n manier anders as Chess.com se aankondiging via e-pos of die Chess.com-Inboksboodskappie, dan is die Aankoper alleen verantwoordelik daarvoor.

Betreding van 'n Geskenk-lidmaatskap

Indien die Aankoper die Begiftigde se Chess.com-gebruikersnaam gebruik om die Geskenk-lidmaatskap af te lewer:

Die Geskenkaanvangsdatum (d.i. wanneer die Geskenk-lidmaatskap begin) sal dieselfde wees as die Geskenkafgiftedatum (d.i. wanneer die geskenk afgelewer word). Die Geskenk-lidmaatskap sal eindig teen die einde van die Geskenktermyn, ongeag of die Begiftigde die Lidmaatskap aanwend op die Geskenkaanvangsdatum, 'n latere stadium, of nooit gebruik nie.

Indien die Aankoper die Begiftigde se e-posadres gebruik vir die aflewering van die Geskenk-lidmaatskap, en óf:

i.) Indien die Begiftigde 'n Chess.com-rekening het vóór die Afgiftedatum, en die e-posadres wat verbonde is aan die Geskenk-lidmaatskap is dieselfde as die e-posadres wat verbonde is aan die Begiftigde se huidige rekening:

Die Geskenkaanvangsdatum (d.i. wanneer die Geskenk-lidmaatskap begin) sal dieselfde wees as die Geskenkafgiftedatum (d.i. wanneer die geskenk afgelewer word). Die Geskenk-lidmaatskap sal eindig teen die einde van die Geskenktermyn, ongeag of die Begiftigde die Lidmaatskap aanwend op die Geskenkaanvangsdatum, 'n latere stadium, of nooit gebruik nie.

ii.) Indien die Begiftigde 'n Chess.com-rekening het vóór die Afgiftedatum, en die e-posadres wat verbonde is aan die Geskenk-lidmaatskap is nie dieselfde as die e-posadres wat verbonde is aan die Begiftigde se huidige rekening nie:

Die Geskenk-lidmaatskap sal nie op die Begiftigde se bestaande rekening verwesenlik word nie. Om die Geskenk-lidmaatskap te begin, kan die Begiftigde óf (a) Chess.com-bystand nader óf (b) 'n nuwe Chess.com-rekening skep met die Begiftigde se e-posadres wat verbonde is aan die Geskenk-lidmaatskap. Die Geskenktermyn sal onmiddellik begin sodra daardie nuwe Chess.com-rekening geskep is.

iii.) Indien die Begiftigde nie 'n Chess.com-rekening het vóór die Afgiftedatum nie;

Om die Geskenk-lidmaatskap te begin, moet die Begiftigde 'n Chess.com-rekening stig met dieselfde e-posadres verbonde aan die Geskenk-lidmaatskap. Die Geskenktermyn sal onmiddellik begin sodra daardie nuwe Chess.com-rekening geskep is.

Terugbetalings en kennisgewing van nie-oordraagbaarheid

Geskenk-lidmaatskappe is nie terugbetaalbaar nie, behalwe waar dit deur toepaslike wetgewing vereis word. Geskenk-lidmaatskappe mag nie herverkoop of oorgedra word nie. 'n Geskenk-lidmaatskap is ongeldig en sal nie vereer word, en Chess.com sal nie aanspreeklik gehou word vir die waarde van die Geskenk-lidmaatskap, indien die Geskenk-lidmaatskap verwerf is by 'n onwettige handelaar of herverkoper nie, deur middel van enige Internet-vendusiewebtuiste inkluis.

Single-Use Only; Not Combinable with Other Offers; Not Exchangeable.

Die Geskenk-lidmaatskap kan slegs een keer gebruik word. Die aankoop of vervulling van die Geskenk-lidmaatskap kan nie gekombineer word met enige ander aanbiedinge, koeponne, afslae of promosies nie. Die Geskenk-lidmaatskap mag nie gewissel of gekrediteer word tot die aankoop van enige Chess.com-lidmaatskappe nie.

Bedrog en kennisgewing van nie-betaling

Chess.com reserves the right to refuse to honor a Gift Membership if Chess.com suspects that the Gift Membership was obtained fraudulently. Chess.com reserves the right to refuse to honor any Gift Membership in the event of a disputed credit card charge, bounced check or other failure of consideration.

Changes to Agreement

Chess.com behou die reg om na hul goedvinde hierdie Ooreenkoms van tyd tot tyd te hervorm, wysig, verander of amendeer sonder vooruitgaande kennisgewing. Die huidige weergawe van hierdie Ooreenkoms is bekombaar by https://www.chess.com/legal/gifting.