Billike-Spel-Beleid

Die volgende teks is slegs 'n insiggewende vertaling. Die enigste wettige weergawe is beskikbaar in Engels.
Bygewerk op: February 12, 2024

Chess.com se Beleid op Billike Spel ondersteun ons strewe om 'n skoon en regverdige platform te onderhou vir skaakspelers oor die wêreld. Met die oog op hierdie missie, behou ons die reg en diskresie om alle skaakspelle wat op ons platform gespeel word te monitor.

Jy stem in om ons missie om 'n skoon en regverdige platform te handhaaf, te ondersteun deur nie betrokke te raak met enige oneerlike, bedrieglike, frauduleuse of ander soortgelyke gedrag wanneer jy op ons platform of in ons byeenkomste speel nie, die navolgende inkluis:

  • Al jou skuiwe moet jou eie wees.
  • Verneukery is streng verbode.
  • Moenie hulp van enige ander persoon af, onder meer ouers, vriende, afrigters of 'n ander speler ontvang nie.
  • Moenie skaakenjins, sagteware van enige aard, robotjies, "plugins", snuffelaarverlengings of enige gereedskap gebruik wat posisies gedurende spel ontleed nie. Ons kan sien wanneer jy enige van dié programme aanwend.
  • Moenie tafelbasisse of enige ander hulpbronne wat die beste skuif uitwys gebruik nie (met beide Aanlyn- en Dagskaak).
  • Jy kan Openingsverkenner of ander boeke slegs in Dagskaak aanwend (nie in Aanlyn of Lewende spel nie).
  • Moet geen geoutomatiseerde ontleding of "foutkontrole" toepas by jou spelle wat aan die gang is nie.
  • Moenie toelaat dat iemand anders jou rekening gebruik nie.
  • Moenie iemand anders se rekening gebruik nie.
  • Moenie graderingspunte, wedstryde of speluitslae kunsmatig manipuleer nie.
  • Moenie inmeng by ander lede se speelbedrywighede nie.
  • Wanneer jy jou teenstander van buitehulpaanwending verdink is dit nie 'n verskoning vir jou om dieselfde op te tree nie. Indien jy iemand van bedrog verdink, meld die speler aan by Chess.com.

Let wel: Hierdie Beleid op Billike Spel is op jou aanwending van ons Diens van toepassing; dit is egter nie van toepassing op jou spelle wat nie teen ander gebruikers gespeel word, soos by die spelmodus teen Chess.com-rekenaarrobotjies (d.w.s. nie-menslike of virtuele "spelers"), nie. Let ewenwel dat ons enige toepaslike uitsonderings op die Beleid op Billike Spel immer kan uitbrei of vereng sonder kennisgewing aan jou, daarom moet jy op hoogte bly met hierdie beleid.

Waarskuwing: In ooreenstemming met ons Gebruikersooreenkoms, indien ons beslis of beweer dat jy ons Beleid op Billike Spel op enige manier oortree het, dan kan ons jou rekening sluit en dit bestempel as openlik geslote weens Billike-Spel-oortreding(s). Ons behou en handhaaf ook die volle reg om enige stappe wat ons paslik ag te neem ingevolge oortreding(s) of beweerde oortreding(s) van ons Beleid op Billike Spel, onder meer, maar nie-beperk tot, openbare blootlegging van feite, kommunikasie en bevindings rakende enige oortreding(s) van die Beleid op Billike Spel en om sulke materiaal bekend te maak aan staatsowerhede of skaakbeheerliggame. Alle rekeningstatus-veranderinge word geheel na ons goeddunke gemaak. Onder sekere omstandighede kan ons jou, getitelde spelers inkluis, geheel na ons goeddunke toelaat om 'n tweede-kans-rekening te skep behoudens addisionele bepalings en voorwaardes, onder meer jou voorsiening van 'n geskrewe erkenning van jou oortreding(s) in die ooreenkomsformaat wat ons verskaf. Indien verdere oortredings van die Beleid op Billike Spel bespeur word, sal jy onderworpe wees aan 'n lewenslange ballingskap uit Chess.com uit. Duidelikheidshalwe, Chess.com het geen verpligting om tweede-kans-rekeninge te voorsien nie, selfs nie aan getitelde spelers nie, en hersien oortredings van die Beleid op Billike Spel op 'n saak-vir-saak-basis.

Ons Gebruikersooreenkoms bevat ook spesifieke gedragsreëls en ander beperkinge wat gebruikers moet nakom wanneer die Diens aangewend word. As 'n voorwaarde van jou aanwending van ons Diens, moet jy hierdie Beleid op Billike Spel en ons Gebruikersooreenkoms nakom. Indien daar enige teenstrydigheid blyk tussen ons Gebruikersooreenkoms en hierdie Beleid op Billike Spel, sal ons Gebruikersooreenkoms heers en van krag bly. Terme wat met hoofletters geskryf is, maar nie in hierdie Beleid op Billike Spel verklaar is nie, dra die besondere betekenisse wat in die Gebruikersooreenkoms vermeld is.

Ons behou die reg om hierdie beleid te eniger tyd en sonder kennis aan jou te wysig, in welke geval ons die "Bygewerk op"-datum boaan hierdie Beleid op Billike Spel sal bywerk.